Blog Article

Wol Verkope Katalogus 24
published 20 Mar 2025

Die 24ste wolveiling van die 2024/2025 wolseisoen het hierdie week plaasgevind. Die aanbieding het uit 9 193 bale bestaan.

Die aanbod het hoofsaaklik uit fynwol bestaan, terwyl 54% van die merinowol aanbod gesertifiseerde volhoubaar geproduseerde wol was.

Die mark het positiewe resultate opgelewer, nieteenstaande die versterkend Rand teenoor die VSA$ nie.

Sterk mededinging het geheers vir goeie gehalte fyn merinowol, met 'n hoogste prys van R272,92 p/kg (skoon) wat vir 'n 2 baal lot van 15,9 mikron betaal is.

Die nie-Gesertifiseerde Volhoubare Wol aanwyser het 1,1% gestyg tot R184,07 p/kg en die Gesertifiseerde Volhoubare Wol aanwyser het met 0,3% gestyg tot R187,00 p/kg. Die algehele verkoopspersentasie was 96,6%.

Die Australiese mark het met 0,6% (AUS$) gestyg teenoor die vorige veiling wat op Donderdag 13 Maart plaasgevind het.

Die vernaamste kopers op die veiling was BKB Pinnacle Fibres (1 969), Standard Wool SA (1 490), G Modiano SA (1 464) en Tianyu SA (1 443).

Die volgende veiling is vir 26 Maart 2025 geskeduleer waar ongeveer 6 517 bale aangebied sal word.

Latest Articles

Wool Sales Catalogue 32/2025
The wool selling season continued today, with a smaller offering of 5 284 bales on the 32nd sale of the season.
3 days ago
Wool Sales Catalogue 31/2025
The 31st sale of the 2025/2026 wool season took place this week, with a total offering of 6 764 bales, with an overall sales clearance of 94,25%.
10 days ago

Latest Episodes